home

 

 

 

 

 

Done for Klyntji

 

 

 

 

 

 

kinders verplaas

hul naeltjies is plaasdamme

hul palms kyk boontoe, al swik dit ook

die een en die ander

maat en koljander

so anders soos nag

in die nagwind se skoot

 

 

 

 

 

opgetof soos 'n kermiskoek

sonder broek of kindersbeen

soek die gewaad skoor met 'n meisie

só:

 

sy vind pienk gespan oor arms en bene

oor lugkastele

oorgespan om vas te klou

en te vervorm

ter ere van vorm

van mens en vrou

of so iets, darem

dis warm hier

soos lywe hoort

soos somers is

soos krete

as dit in die keel gaan rus

dit span oor die jaar

van punt tot end

'n massagraf van vrot verwend

maar groei soos groentetuin

van mooi

wat uit stof uit blom

en ander nooi

tot skoonheid

skoonheid

in die seerste sin

gaan sy aanhou die gewaad bemin

 

 

 

 

 

 

Dis die jaar 2068. Snorre is hoogmode, die liefde blom, kinders eet nie hul protogroente nie en iewers in

Trichardt-wentelbaan no. 29-5 dryf 'n kamer oor die vlaktes waarbinne twee mense, net mense,

hul musiekboks vra om hul gunsteling lied weer te speel. Sy naam is 'Nagmuskiet'.

 

"alles moet sterf

maar ek't 'n gevoel in my dat ons vir altyd

in hierdie kamer kan bly"

 

 

 

 

 

 

soogdiere soog

soos hul instink hul lei

ons is dit ook

deur ons forme kasty

ons lek almal lippe

vol melk gretig skoon

met krap, vryf en lek

word geliefdes beloon

senuweestelsels

dra inligting oor

en in die son en ons bloed

word die lewe gestoor

 

 

 

 

 

Done for Park Acoustics

 

 

 

 

 

Done for Migrate Magazine

 

 

 

 

 

Published in Offset Culture Zine and exhibited @ 99 Juta, Braamfontein

 

grootkind wil suid gaan,

'n getrek met die volk van een

die blikke oor die grond ratel

en te min pak

sodat sy eendag, dalk,

tot teenaan die kus

anders sonder baard

kan vasstamp

"ek kom!" sing sy

"ek kom!"

 

 

 

 

 

 

Done for Half-Sister

 

 

 

 

 

Done for Somerfaan

 

 

 

 

 

sak tot jou knieë

en vreet saam

tot aan die beerkarkas

soos dit altyd was

treur en trouma

weggelaat

tot die laaste

geëet

 

die feë sing vir ons

in helder umladdens

en aksente

liedere oor moeders

en far

en die miste

wat daarmee saam

 

ek stoom

dit rys van die liggaam

in bulte en warwels

ronder selfs

as die feë se vollebors

gesang

as die drang

die mens pak

by die nekvel

 

die tendons knars

die are bars

ek is valkiries soekend

na die laaste borrel warm vet

vir die lange winter

© 2019 Octavia Roodt. Get in touch!

 

*